Spectare Cantus 3

…is ‘n multi-media oplossing vir gemeentes wat enige van die volgende liedere sing:

  • Psalms (Totius, Cloete, ens. berymings)
  • Skrifberymings
  • Liedboek

Dit wys die skyfies met die note en woorde op 1 (of meer!) projektor of rekenaar skerms. Terselftertyd kan ‘n musieklĂȘer gespeel word. Laasgenoemde is handig wanneer ‘n gemeente nie ‘n orrelis beskikbaar het nie. Dit kan natuurlik ook gebruik word om uit te saai oor die internet indien die toerusting beskikbaar is.

Hierdie prentjie is beslis baie woorde werd. Die volgende funksies kan hier herken word:

  • Werkstasie van die persoon wat die skyfies beheer
  • Beurtsang
  • Choreografie voorbereiding (Laai, Stoor, ens. knoppies)
  • KlanklĂȘer wat speel
  • Knoppies om ‘n .PPT lĂȘer te skep
  • …nog baie meer!

Dit is alles gratis en verniet beskikbaar vir enige gemeente wat die “Liedboek License” het. Inligting daaroor is hier beskikbaar.

Wat is nodig?

  • ‘n Rekenaar met ‘n onlangse weergawe van Windows (nie ouer as Windows 7)
  • ‘n Projektor en -skerm
  • Goeie internetverbinding, videotoerusting, addisionele programme (slegs as u wil uitsaai)

Wie gebruik dit?

My gemeente (Gereformeerde Kerk Centurion) gebruik dit al baie jare en ons saai ons dienste uit by https://stroom.gkcenturion.co.za vir onder andere Queenstown Gereformeerde Kerk. Die volgende gemeentes het ook ‘n kopie van die program:

  • Nylstroom Gereformeerde Kerk
  • Louis Trichardt Gereformeerde Kerk
  • Lyttelton Gereformeerde Kerk

Hoe kry ons dit?

Vul net die volgende vorm in en ek sal u kontak: